"Wat is Vim?" 'n Verduideliking in ses kilogrepe Vim ("Vi IMproved") is 'n "vi kloon", m.a.w. 'n soortgelyke program aan die tekswysiger "vi". Vim werk in teksmodus op alle terminale, maar dit het ook 'n grafiese gebruikerskoppelvlak met ondersteuning vir menus en 'n muis. Beskikbaarheid: Vim is beskikbaar vir baie platforms en het baie toegevoegde funksies in vergelyking met Vi. (sien http://www.vim.org/doc/vi.diff.txt) Vim is mederwerkend met amper al Vi se instruksies - behalwe Vi se foute. ;-) Bedryfstelsels: Vim is beskikbaar vir baie stelsels: AmigaOS, Atari MiNT, BeOS, DOS, MacOS, NextStep, OS/2, OSF, RiscOS, SGI, UNIX, VMS, Win16 + Win32 (Windows95/98/00/NT) - en veral FreeBSD en Linux. :-) Kopiereg: Die kopiereg is in die hande van die hoofouteur en onderhouer, Bram Moolenaar . Vim is "charity-ware"; jy word aangemoedig om 'n donasie te maak aan weeskinders in Uganda (sien ":help uganda"). Bronkode: Vim is Open Source en almal is welkom om dit te help verbeter! === Funksies 'n Beginner se Wysiger - Gebruikersvriendelik: Vim is baie maklik vir beginners om te leer, te danke aan die ekstensiewe aanlyn hulp, "undo" en "redo" instruksies (maak maar foute - ontdoen en herdoen dit net!), ondersteuning vir die muis en konfigureerbare ikone en menus (GUI). Karakterkodes en Terminale: Vim het ondersteuning vir die iso-latin1 karakterstel en vir termcap. (Standaard Vi het probleme met altwee.) Karakters en Tale: Vim ondersteun regs-na-links wysiging (bv. vir Arabies, Farsi, Hebreus), en multigreep teks, vir tale wat meer as een greep gebruik om karakters te stoor, soos Chinees, Japanees, en Koreaans (Hangul). (In tegniese terme, ondersteun Vim UTF-8 en Unicode teks.) Teksformattering en "Visuële Modus": Met Vim kan jy teks visueël (met beklemptoning) selekteer voor jy 'n instruksie op dit uitvoer, bv. kopieer, uitvee, vervang, na links of regs skuif, herkapitaliseer of herformatteer terwyl indentasie behou word. Vim kan ook vierkantige blokke teks selekteer en op werk. Voltooïng: Vim het instruksies wat jou toevoer voltooi met instruksiename, lęername of woorde. Outomatiese Instruksies: Vim het "autocommands" vir die outomatiese uitvoering van instruksies (bv. outomatiese ontpakking van gekompakteerde lęers). "Digraph" Invoer: Vim laat jou toe om spesiale karakters deur a kombinasie van ander karakters in te tik (bv. die kombinasie van " en a lewer 'n ä) - en laat jou toe om jou eie kombinasies te definieër. Lęerformaat Deteksie en Omskakeling: Vim herken lęers se formaat (DOS, Mac, Unix) outomaties en kan hulle in eniga formaat stoor - unix2dos is nie meer nodig in Windows nie! Geskiedenis: Vim hou 'n "geskiedenis" van instruksies en soektogte, sodat jy vorige instruksies en soekterme kan herroep en wysig. Makro Vaslegging: Vim kan jou wysigingsinstruksies "vaslę" en weer herspeel, om lang, eentonige take vinnig te herhaal. Geheuelimiete: Vim se geheuelimiete vir lynlengte en buffergrootte is aansienlik hoër as die van standaard Vi. Meervoudige Buffers en Gedeelde Vensters: Vim kan met meer as een buffer werk, en jy kan die skerm in horisontale en vertikale sub-vensters deel, sodat jy baie lęers, of baie dele van 'n paar lęers, terselfdertyd kan wysig. Nommervoorvoegsels vir Instruksies: Vim laat nommervoorvoegsels toe vir meer instruksies as Vi (bv. vir "put"). Looptyd Lęers (Hulp- en Sintakslęers): Vim-5.7 kom met 70 hulplęers (omtrent 2080KB van teks) oor sy instruksies en opsies, met konfigurasie- en wysigingwenke. Skripsie: Vim kan maklik uitgebrei word met 'n ingeboude skripsietaal. Soekafsette: Vim laat afsette vir soekinstruksies toe, sodat die wyser *na* die gevonde teks geplaas kan word. Wysigingsessie Herstelling: Vim kan informasie oor jou wysigingsessie in 'n spesiale lęer ("viminfo") stoor, wat toelaat dat jou wysigingsomgewing, bv. buffer lys, instruksie- en soektog geskiedenis, lęer boekmerke, en registers, herstel kan word vir jou volgende wysigingsessie. Keepuitbreiding: Vim kan outomaties keepkarakters met spasies vervang, en andersom. ('expandtab', ':retab'). Etiketstelsel: Met Vim kan jy teks vinnig in lęers find deur die gebruik van 'n index van "etikette", en die vele etiketstapel-instruksies. Teksobjekte: Vim ken meer teksobjekte (paragrawe, sinne, woorde en WOORDE - almal met en sonder omringende witspasie) as Vi, en laat jou toe om die definisies van daardie objekte te verander. Sintaksverligting: Vim wys teks in kleur - na wyse van die teks se "(programmeer-) taal". Jy kan die "taal" (sintaks) van lęers self definieër. Vim kom met meer as 200 sintaksdefinisie-lęers vir die verligting van teks in baie programmeertale (Ada, C, C++, Eiffel, Fortran, Haskell, Java, Lisp, Modula, Pascal, Prolog, Python, Scheme, Smalltalk, SQL, Verilog, VisualBasic), wiskundige programme (Maple, Matlab, Mathematica, SAS), opgemerkde teks (DocBook, HTML, LaTeX, PostScript, SGML-LinuxDoc, TeX, WML, XML), program afvoer (diff, man), programkonfigurasie-lęers (4DOS, Apache, autoconfig, BibTeX, CSS, CVS, elm, IDL, LILO, pine, procmail, samba, slrn), dopskrip en konfigurasie lęers (sh, bash, csh, ksh, zsh), skripsietale (awk, Perl, sed, yacc, ens.) stelsellęers (soos printcap en .Xdefaults), en natuurlik Vim en sy hulptekste. Spesiale Kode: Vim kan optioneel met Perl, Tcl en Python integreer. Vim kan as 'n OLE outomatisering bediener optree onder Windows. Vim kan ook geïnstalleer word met kode vir X-Windows, vir konfigureerbare menus en muis-ondersteuning. En veel meer! === Skakels Vim se tuisblad op die WWW (in Engels): http://www.vim.org/ Vir 'n meer omvattende deskripsie van Vim se funksies, sien: http://www.vim.org/why.html === Outeur en Vertaler Oorspronklike deur: Sven Guckes guckes@vim.org Laas geopdateer: Mon Mar 12 07:00:00 MET 2001 Vertaal deur: Piet Delport Laas geopdateer: 2001-08-23 01:53:00 SAST vim: tw=70